Scielo RSS <![CDATA[Lexikos]]> http://www.scielo.org.za/rss.php?pid=2224-003920220003&lang=en vol. 32 num. SPE2 lang. en <![CDATA[SciELO Logo]]> http://www.scielo.org.za/img/en/fbpelogp.gif http://www.scielo.org.za <![CDATA[<b>The South African National Lexicography Units - Two Decades Later</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2224-00392022000300001&lng=en&nrm=iso&tlng=en The lexicography practice in South Africa has distinctive features and to a great extent relates to the political dispensation current at a given period. During the previous political dispensation only two dictionary units existed in South Africa that were state funded, namely the Bureau of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) and the Dictionary for South African English (DSAE). These dictionary units, therefore have a long dictionary history. Some of the African languages, such as Xhosa, Zulu, Tswana and Northern Sotho also had dictionary units at the time but they were situated at and funded by tertiary institutions. The current national government requires dictionaries in all official languages for proper communication in languages the citizens understand best, i.e. their respective mother tongues. The Pan-South African Language Board (PanSALB), established in 1996, was a direct consequence of the country's new multilingual dispensation. This dispensation required equal rights for all the official languages and the legislation governing PanSALB was therefore amended to allow for equal justice to all dictionary projects for the official South African languages. This led to the establishment of national lexicography units for each of the official South African languages. A strategic planning process conducted at the Bureau of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal not only influenced the lexicography practice at the Bureau, but also had a huge impact on the newly established national lexicography units (NLUs). Both the articles published in Lexikos, that originated in 1991, and the activities of the African Association for Lexicography (AFRILEX), established in 1995, have a huge influence on the activities of the NLUs. Although the NLUs are already 21 years old and should officially be of age, the question remains whether they really gained their independence. This article focusses on the heritage of the Bureau of the WAT as National Lexicography Unit for Afrikaans and the example that it has set to the other NLUs.<hr/>Die leksikografiepraktyk in Suid-Afrika beskik oor kenmerkende eien-skappe wat grootliks verband hou met die politieke bedeling van 'n bepaalde tyd. Gedurende die vorige politieke bestel het slegs twee woordeboekkantore bestaan wat deur die staat gefinansier is, naamlik die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) en die Dictionary for South African English (DSAE). Hierdie woordeboekkantore het dus 'n lang woordeboekgeskiedenis. Sommige van die Afrikatale, byvoorbeeld Xhosa, Zulu, Tswana en Noord-Sotho, het ook gedurende daardie tyd woordeboekkantore gehad, maar hulle was by tersiêre instansies gesetel en is ook deur hulle gefinansier. Die huidige regering vereis woordeboeke in al die amptelike tale om behoorlike kommunikasie te bewerkstellig in die tale wat die beste deur die burgers verstaan word, naamlik hul onderskeie moedertale. Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT), wat in 1996 tot stand gekom het, was die direkte uitvloeisel van die land se nuwe meertalige beleid. Ten einde gelyke beregtiging vir alle woordeboekprojekte in al die amptelike Suid-Afrikaanse tale teweeg te bring, is die PanSAT-wetgewing gewysig. Dit het tot gevolg gehad dat nasionale leksikografiese eenhede vir elk van die amptelike Suid-Afrikaanse tale gestig is. 'n Strategiese beplanningsproses wat by die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal gedoen is, het nie net 'n invloed gehad op die leksikografiepraktyk by die Buro nie, maar dit het ook 'n groot impak gehad op die nuut gestigte nasionale leksikografiese eenhede (NLE's). Sowel Lexikos, wat in 1991 tot stand gekom het en die artikels wat daarin gepubliseer word, asook die bedrywighede van die African Association for Lexicography (AFRILEX), wat in 1995 gestig is, het 'n groot invloed op die werksaamhede van die NLE's. Hoewel die NLE's een-en-twintig jaar gelede gestig is en dus amptelik mondig behoort te wees, ontstaan die vraag of hulle werklik hul onafhanklikheid verkry het. Hierdie artikel fokus op die erflating van die Buro van die WAT as Nasionale Leksikografiese Eenheid vir Afrikaans en sy voorbeeld vir die ander NLE's. <![CDATA[<b>Innovative Aspects of Afrikaans Lexicography: Standard and Pedagogical Dictionaries as Barometer</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2224-00392022000300002&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die doel van hierdie bydrae is om 'n oorsig te bied op die areas van grootste vernuwing in die Afrikaanse leksikografie oor die afgelope twee dekades, met spesifieke verwysing na standaard- en pedagogiese woordeboeke, aangesien dít die tipologiese klasse is waarin die meeste vooruitgang te bespeur is. Daar sal egter ook na ander woordeboeksoorte en kontekste verwys word waar dit relevant is vir die bespreking. Eerstens sal kortliks na die huidige stand van sake in die Afrikaanse leksikografie gekyk word, in terme van bestaande leksikografiese produkte. Tweedens word enkele opmerkings aangebied oor die professionalisering van die Afrikaanse leksikografie - 'n onderwerp wat nog nie eintlik aandag in metaleksikografiese ondersoek geniet het nie. Die rol van die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal en die kommersiële woordeboekuitgewers word ook uitgelig. Daarna word kommentaar gelewer op sekondêre en spesifieke leksikografiese prosesse, met verwysing na korpusleksikografie en lemmaseleksie, makrostrukturele vernuwing, en mikrostrukturele vernuwing. Die bespreking van mikrostrukturele vernuwing sluit in geïntegreerde mikrostrukture in vertalende woordeboeke, leksikografiese definisies in verklarende woordeboeke, koteksinskrywings, en aspekte van grammatikale data. Die stand van sake van en 'n toekomsblik op die Afrikaanse e-leksikografie word ook aangeraak. Laastens sal enkele opmerkings oor spesiale woordeboeke gemaak word.<hr/>The aim of this contribution is to offer an overview of the areas of most significant innovation in the Afrikaans lexicography over the past two decades, with specific reference to standard and pedagogical dictionaries, since they represent the typological categories in which most development is visible. However, reference will also be made to other dictionary types and contexts where relevant. Firstly, the current state of affairs with regard to the Afrikaans lexicography will be outlined in terms of existing lexicographic products. Secondly, some comments will be offered on the professionalisation of Afrikaans lexicography - a topic which has not really been dealt with in metalexicographical research. The roles of the Bureau of the Woorâeboek van die Afrikaanse Taal and commercial dictionary publishers will also be highlighted. Thereafter, secondary and specific lexicographic processes will be discussed, with reference to corpus lexicography and lemma selection, macrostructural innovation, and microstructural innovation. The discussion of the latter will include integrated microstructures in bilingual dictionaries, lexicographic definitions in monolingual dictionaries, cotext entries, and aspects of grammatical data. The state of affairs and future of the Afrikaans e-lexicography will also be addressed. Finally, some comments on special dictionaries will be offered. <![CDATA[<b>Innovative Access Structures in Mobile Dictionaries</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2224-00392022000300003&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die toegangstruktuur van enige woordeboek is 'n belangrike struktuur omdat dit vir gebruikers 'n manier gee om die verlangde data te verkry of inligting te onttrek. Hierdie struktuur oorvleuel dikwels met alle ander woordeboekstrukture, hetsy die makro-, mikro- of kruisverwysingstruktuur, en sodoende vorm al hierdie strukture in werklikheid die roetes wat gebruikers volg om sy of haar leksikografiese behoeftes te probeer bevredig. In gedrukte woorde-boeke word die toegangstruktuur reeds op die voorblad aangetref, terwyl dit in elektroniese of aanlyn woordeboeke gewoonlik al op die tuis- of landingsblad sigbaar is (Du Plessis 2015: 51-52). Gouws en Prinsloo (2005: 64) verwys na twee verskillende tipes toegangstrukture, naamlik die eksterne toegangstruktuur, wat verband hou met die soekroetes wat die gebruiker na die lemma neem, en die interne toegangstruktuur, wat o.a. die soekroetes en -sones binne die artikel self behels. Met aanlyn en selfoonwoordeboeke word die tradisionele funksies en gebruike van woordeboekstrukture aangepas vir die medium en om die gebruiker se behoeftes vinniger en makliker te bevredig. Dit het egter die gevolg dat dit soms moeilik is om tussen die verskillende woordeboekstrukture te onderskei (Müller-Spitzer 2013: 368-369). Die gelukkige toeval daarvan is dat e-woordeboeke meer vryheid het om op nuwe en innoverende maniere gebruikers na leksikografiese materiaal te lei. Hierdie artikel het ten doel om van hierdie innoverende toegangsroetes in veral selfoonwoordeboeke uit te lig en te evalueer. Dit word gedoen ten einde te bepaal watter toegangsroetes verdere aandag verdien of wat as standaardpraktyk in selfoon- en ander e-woordeboeke oorweeg moet word.<hr/>The access structure of any dictionary is an important one. it provides the user with a means to obtain the required data or to extract valuable information. This dictionary structure mostly overlaps with other structures such as the macro-, micro- and mediostructure, which in turn creates different access routes a dictionary user can follow to try and satisfy his or her lexicographic needs. In printed dictionaries, the access structure can already be found on the cover, while in electronic or online dictionaries this structure is usually visible on the home or landing page (Du Plessis 2015: 51-52). Gouws and Prinsloo (2005: 64) differentiate between two types of access structures: the outer access structure, which relates to the access or search routes that lead a user to the lemma sign, and the inner access structure, which, among other things, involves the search routes and zones within a dictionary article. The traditional functions and uses of dictionary structures are adapted for the online and mobile medium in order to better satisfy user needs. The disadvantage of this, however, is that it is becoming increasingly difficult to distinguish between different dictionary structures (Müller-Spitzer 2013: 368-369). Fortunately, e-dictionaries have the freedom to provide new and innovative ways for users to access lexicographic material. The goal of this article is to highlight and evaluate some of these innovative access routes, particularly in mobile dictionaries. This is done to determine which access routes deserve further investigation or should be considered as a standard practice in mobile and other e-dictionaries. <![CDATA[<b>C. Louis Leipoldt's Contribution to the Collection of Materials for J.J. Smith's Afrikaans Standard Dictionary</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2224-00392022000300004&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die vriendskap tussen Smith en Leipoldt het gedurende hul studiejare in Londen ontstaan. Dit het daartoe gelei dat Leipoldt van sy gedigte aan Smith gewys het. Oom Gert vertel en ander gedigte met 'n inleiding deur Smith was die eerste bundel deur Leipoldt. Daaropvolgende bundels van hom is deur Smith taalkundig versorg. J.C. Kannemeyer skryf uitvoerig hieroor in sy biografie van Leipoldt. Toe Smith begin het met die materiaalversameling vir die Afrikaanse standaardwoordeboek, het Leipoldt op 'n kleiner skaal bydraes gelewer deur die verduideliking van plant- en diername, en volksmedisyne. Hierdie artikel bespreek 'n verteenwoordigende versameling van hierdie materiaal ten opsigte van aard, werkwyse, e.s.m.<hr/>The friendship between Smith and Leipoldt originated during their years of study in London. This led to Leipoldt showing some of his poems to Smith. Oom Gert vertel en ander gedigte with an introduction by Smith was the first poetry collection by Leipoldt. Subsequent collections of his were linguistically edited by Smith. J.C. Kannemeyer writes extensively about this in his biography of Leipoldt. When Smith started with the collection of materials for the Afrikaans standard dictionary, Leipoldt on a smaller scale made contributions with the elucidation of plant and animal names, and folk medicine. This article discusses a representative collection of this material with regard to kind, method, etc. <![CDATA[<b>Spatial and Temporal Lexicographic Deictic Anchoring</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2224-00392022000300005&lng=en&nrm=iso&tlng=en In hierdie bydrae word daar eerstens aandag gegee aan deiksis as 'n verskynsel in die semantiek. Die oordrag van deiksis na die leksikografie word bespreek en die verskynsel van leksikografiese deiktiese verankering word aan die orde gestel. Dit word aangetoon dat hierdie verankering op verskillende maniere gedoen kan word. Leksikograwe moet telkens besluit hoe hierdie proses ten beste in 'n bepaalde woordeboek uitgevoer moet word. Verskillende tipes teks-segmente kan gebruik word om deiktiese verankering te bewerkstellig en die optrede van teksseg-mente soos aanduiders, aanduidersimbole en aanduiderdele word kortliks bespreek. Die hooffokus is op ruimtelike en temporele leksikografiese deiktiese verankering. Verskillende deiktiese merkers en verankeringsprosedures word bespreek. Daar word aangetoon dat woordeboeke hier naas enkelaanduiders ook soms aanduiderkomplekse gebruik en dat die aanduiderkomplekse 'n eenvormige of 'n hibriedeformaat kan hê. Daar word voorgestel dat suksesvolle deiktiese verankering dikwels vereis dat woordeboeke 'n primêre verankeringsprosedure moet aanvul met sekondêre verankering. Deiktiese verankering word as 'n veelfasige proses beskryf. Die bespreking word deurgaans aan die hand van opgetekende woordeboekvoorbeelde gedoen. Op grond van die bevindinge in die besprekinge word voorstelle aan die hand gedoen vir verbeterde prosedures van deiktiese verankering.<hr/>In this contribution attention is given to deixis as it is known in the field of semantics. The transfer of deixis to lexicography is discussed and the concept of lexicographic deictic anchoring is brought to the fore. It is shown how this anchoring can be executed in different ways. Lexicographers need to decide how to employ this procedure in a specific dictionary. Different types of text segments can be used to enable deictic anchoring. These segments that include items, item symbols and item parts are briefly discussed. The main focus of this article is on spatial and temporal lexicographic deictic anchoring. Different deictic markers and anchoring procedures are discussed. In this regard it is shown that dictionaries do not only employ single items but also item complexes and that these item complexes can have a uniform or a hybrid format. It is suggested that successful deictic anchoring often demands that dictionaries should complement a primary anchoring procedure with secondary anchoring procedures. Deictic anchoring is discussed as a multi-phased process. The discussion is illustrated by real examples from dictionaries. Following the discussion suggestions are made for improved procedures of lexicographic deictic anchoring. <![CDATA[<b>How School Dictionaries Treat Human Reproductive Organs, and Recommendations for South African Primary School Dictionaries</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2224-00392022000300006&lng=en&nrm=iso&tlng=en This paper is a pilot study that investigates options for treating human reproductive organs in primary school dictionaries in South Africa, with particular emphasis on illustrations. The need for this study was made apparent during research into the design of an electronic school dictionary, where some learners expressed concern about younger children being exposed to "inappropriate" illustrations in school dictionaries. This article is placed in the South African context and shows how this is a sensitive and relevant topic in South Africa, due to the different cultures that are represented. The article shows how South African school dictionaries currently treat these words, and investigates whether they should be treated any differently. The study includes interviews with primary school teachers and parents, and contains descriptions of existing school dictionary entries, both electronic and print. Literature on the following aspects is covered: taboo topics in dictionaries, cultural aspects of sex education in South Africa, and sex education in primary schools globally. The article will show why it is important to treat these terms in a school dictionary in a clear and unambiguous way, despite this causing potential discomfort to some users. The article will conclude with recommendations for the treatment of human reproductive organs in primary schools, as well as recommendations for further research in this area.<hr/>Hierdie artikel is 'n loodsstudie wat die opsies vir die hantering van menslike voort-plantingsorgane in primêreskoolwoordeboeke in Suid-Afrika ondersoek, met besondere aandag aan illustrasies. Die noodsaak vir hierdie studie het duidelik geword tydens navorsing oor die ontwerp van 'n elektroniese skoolwoordeboek waar sommige leerlinge hul kommer oor jonger kinders wat blootgestel word aan "onvanpaste" illstrasies in skoolwoordeboeke, uitgespreek het. Die artikel word binne die Suid-Afrikaanse konteks geplaas en daar word daarop gewys dat dit weens die verskillende kulture wat verteenwoordig word, 'n sensitiewe en relevante onderwerp in Suid-Afrika is. Daar word aangetoon hoe Suid-Afrikaanse skoolwoordeboeke hierdie woorde tans hanteer, en daar word ondersoek of hulle op ander maniere hanteer behoort te word. Die studie sluit onderhoude met primêreskoolonderwysers en -ouers in, en bevat beskrywings van bestaande skoolwoordeboekinskrywings, in elektroniese sowel as gedrukte formaat. Literatuur rakende die volgende aspekte word gedek: taboeonderwerpe in woordeboeke, kulturele aspekte van seks-opvoeding in Suid-Afrika, en seksopvoeding in primêre skole wêreldwyd. Die artikel sal aantoon waarom dit belangrik is om hierdie terme in 'n skoolwoordeboek op 'n duidelike en ondubbelsinnige manier te hanteer, al veroorsaak dit moontlike ongemak vir sommige gebruikers. Daar word afgesluit met aanbevelings vir die hantering van die menslike voortplantingsorgane in primêre skole, asook aanbevelings vir verdere navorsing op hierdie gebied. <![CDATA[<b>An Illustration of the Usefulness of a Reading Programme in a time of corpus lexicography, with Recommendations for the <i>Woordeboek van die Afrikaanse Taal</i></b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2224-00392022000300007&lng=en&nrm=iso&tlng=en Die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), 'n omvattende sinchroniese woordeboek waarvan die eerste deel in 1951 verskyn, stel hom ten doel om die woordeskat van Afrikaans in sy wydste omvang, van vandag tot sowat honderd jaar gelede, te bewerk. Nes soortgelyke woordeboeke van ander tale is die WAT vir sy totstandkoming in hoë mate afhanklik van poëme en sitate wat gewone taalgebruikers in die laaste dekades van die vorige millennium per gewone pos na die woordeboek gestuur het. Vir byna elke trefwoord van U tot Z, wat nog gedefinieer en toegelig moet word, bly hierdie versameling van sowat 4,5 miljoen handgeskrewe en getikte kaartjies die beginpunt. Maar sedert die koms van die rekenaar, in die 1980's, het nuwe tegnologieë die maniere waarop woordeboekmakers werk, ingrypend verander. In die era van korpusleksikografie word kaartversamelings stelselmatig aangevul deur elektroniese korpusse van werklike taalgebruik waarin woorde onmiddellik en op verskillende maniere gesorteer en ondersoek word. Hoe groter, omvattender en gebalanseerder die korpus, hoe minder hoef redakteurs op persoonlike indrukke terug te val. Tog het van die WAT se eweknieë, soos die (veel groter) Oxford English Dictionary (OED), in dié tyd van aanlyn teksversamelings ou leesprogramme voortgesit en selfs etlike nuwes begin. Groot korpusse bevat dikwels teks uit koerante, tydskrifte, romans en dergelike, waarin die hedendaagse, algemene, geskrewe variëteit van die taal die botoon voer en ander variëteite (streektaal, vaktaal, geselstaal, woorde en uitdrukkings van vorige geslagte) minder goed verteenwoordig is. Deur vir vrywillige en betaalde lesers spesifieke tekste te kies, probeer leesprogrambestuurders dié leemtes aanvul. Deur 'n semi-outomatiese ontleding van een so 'n uit-gesoekte teks, die roman Draaijakkals (1999) deur George Weideman, illustreer hierdie artikel, met aanbevelings ten slotte, hoe 'n leesprogram in 'n hersieningsfase tot nuwe en bygewerkte artikels in die WAT kan bydra.<hr/>The Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) is a comprehensive, synchronic dictionary, the first volume of which was published in 1951. Its aim has been to treat the vocabulary of Afrikaans in its broadest scope, from today back to about one hundred years ago. Like similar dictionaries for other languages, the WAT originally came into existence dependent to a large degree on the phrases and citations ordinary language users sent to the dictionary by surface mail during the last decades of the previous millennium. For almost every headword from U to Z that still needs to be defined and elucidated, this collection of more than 4,5 million hand-written or typed cards has remained the starting point. However, since the arrival of computers in the 1980s, new technologies have fundamentally changed the way dictionary makers work. In the era of corpus lexicography, card collections have been systematically supplemented by electronic corpuses reflecting real language use, in which words can be sorted and analysed directly and with the use of various criteria. The larger, more comprehensive and more balanced the corpus, the less editors have to rely on personal impressions. Yet, in these days of online text collection, some of the WAT's peers, such as the (much more extensive) Oxford English Dictionary (OED), have maintained established reading programmes and even initiated several new ones. Large corpuses contain mostly texts from newspapers, magazines, novels and such like, in which the current, general and written varieties of the language dominate and other varieties (regional language, technical language, colloquial language, words and expressions of previous generations) are less well represented. By selecting specific texts for volunteer and paid readers, reading-programme managers have attempted to fill these gaps. Through a semi-automatic analysis of such a selected text, the novel Draaijakkals (1999) by George Weideman, this article demonstrates and subsequently recommends how a reading programme in a reviewing phase may contribute to new and augmented entries in the WAT. <![CDATA[<b>How Great is thy Dictionary? Cross-referencing as a Lexicographic Device in <i>The Greater Dictionary of (isi)Xhosa</i></b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2224-00392022000300008&lng=en&nrm=iso&tlng=en Inspired by Willem Botha's reflections on the compilation of the multi-volume Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) in Botha (1994; 2005), this study offers a critical evaluation of cross-referencing in The Greater Dictionary of (isi)Xhosa, henceforth the GDX. The GDX is a tri-volume dictionary, possibly the biggest dictionary, not only in isiXhosa, but in African languages. The evaluation of the dictionary is guided by the notion of cross-reference conditions or cross-reference prerequisites to identify cross-references used in the GDX, analyse the relations revealed by cross-referencing and the effectiveness of the entire mediostructural organisation of the dictionary. The article notes that cross-referencing in the GDX seems to be guided by a generally well-conceived set of guidelines which were largely followed meticulously. Consistency generally prevails in the treatment of similar lexical items and even across the different volumes of the dictionary. Some cross-referencing aspects that could be improved were identified. However, it was noted that most of them would be easily addressed in the prospective digitisation project of the GDX.<hr/>Geïnspireer deur Willem Botha se gedagtes oor die samestelling van die meerdelige Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) in Botha (1994; 2005), word daar in hierdie artikel 'n kritiese evaluering van kruisverwysing in The Greater Dictionary of (isi)Xhosa, voortaan die GDX, aangebied. Die GDX is 'n driedelige woordeboek, waarskynlik die grootste woordeboek, nie slegs in isiXhosa nie, maar ook in die Afrikatale. Die evaluering van die woordeboek word bepaal deur die invalshoek kruisverwysingsvoorwaardes of -voorvereistes om kruisverwysings wat in die GDX gebruik word, te identifiseer, om verwantskappe wat deur kruisverwysings blootgelê word, te analiseer en deur die effektiwiteit van die algehele mediostrukturele samestelling van die woordeboek In die artikel word aangedui dat kruisverwysing in die GDX klaarblyklik bepaal word deur 'n algemene goedontwikkelde stel riglyne wat meestal nougeset gevolg is. Gewoonlik geld konsekwentheid in die hantering van soortgelyke leksikale items en selfs oor die verskillende volumes van die woordeboek. Sommige aspekte rakende kruisverwysing wat verbeter kan word, word geïdentifiseer. Daar word egter aangedui dat die meeste van hierdie aspekte maklik in die toekomstige digitaliseringsprojek van die GDX aangespreek kan word. <![CDATA[<b>What is the Meaning of <i>B(b)oer </i>in 2022?</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2224-00392022000300009&lng=en&nrm=iso&tlng=en In hierdie artikel word daar ondersoek ingestel na die betekenis van die woorde Boer en boer. Die ondersoek spruit voort uit 'n insident in 2015 toe die Taalkommissie (TK) die moontlikheid oorweeg het om die woord Boer uit die Afrikaanse woordelys en spelreëls weg te laat. Die rasionaal was dat ander rassensitiewe items soos hotnot, kaffer en koelie lank reeds nie meer in die woordelys verskyn nie. Die voorstel vir die moontlike skrapping van Boer het 'n herrie ontketen. In die bespreking wat volg, word die ensiklopediese benadering tot betekenis as vertrekpunt gebruik om te bepaal wat Boer en boer tans beteken. 'n Ondersoek na die leksikale betekenis van die twee woorde word aangevul deur een van die aannames van die ensiklopediese benadering tot betekenis uit te lig, te wete die standpunt dat ensiklopediese kennis dinamies van aard is en dat betekenis altyd in die konteks van gebruik gekonstrueer word. Die hedendaagse gebruik en betekenis van Boer en boer word voorgehou deur voorbeelde uit koerantberigte, literêre tekste, lirieke, 'n handelsmerk en die TK-korpus te ondersoek. 'n Radiale latnetwerk vir die woorde Boer en boer word verskaf om aan te toon hoe die verskillende betekenisse van die woorde aan mekaar verwant is en 'n polisemies semantiese raamwerk vorm.<hr/>This article investigates the meaning of the words Boer and boer in Afrikaans. The study is the result of an incident in 2015 when the Afrikaans Language Commission considered the possibility of omitting the word Boer from the Afrikaanse woordelys en spelreëls. The rationale was that other race sensitive items, such as hotnot, kaffer and koelie, had been scrapped from the word list long ago. The proposal to omit Boer created havoc. in the following discussion, the encyclopaedic approach to meaning is used to determine what Boer and boer currently mean. An investigation into the lexical meaning of these two words is supplemented by highlighting one of the assumptions of the encyclopaedic approach to meaning, namely that encyclopaedic knowledge is dynamic in nature and furthermore that meaning is always constructed in the context of use. The current day use and meanings of Boer and boer are indicated via examples from newspaper articles, literary texts, lyrics, a brand name as well as the corpus of the Language Commission. A radiating lattice diagram for the words Boer and boer is provided to show how the various meanings of the words are related to one another and how they form a polysemous semantic network. <![CDATA[<b>Visual Elements in Translative Dictionaries Aimed at the Foundation Phase against the Background of Literacy Development</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2224-00392022000300010&lng=en&nrm=iso&tlng=en Woordeboeke wat in 'n onderrig- en leersituasie gebruik word, het ongetwyfeld 'n opvoedkundige doel en funksie (as 'n leksikografiese funksie volgens die teorie van leksikogra-fiese funksies verstaan word), byvoorbeeld die aktiewe ontwikkeling van geletterdheidsvaardig-hede. In die geval van woordeboeke gemik op leerders in die grondslagfase is teikengebruikers leerders wat oor ontluikende geletterdheidsvaardighede en veral ontwikkelende leesvaardighede beskik. Ten einde hierdie ontluikende vaardighede van die teikengebruiker te ondersteun, kan lek-sikograwe 'n verskeidenheid meganismes gebruik, byvoorbeeld visuele elemente, om ondersteuning aan die teikengebruikers te verleen. In hierdie studie word vier vertalende woordeboeke ondersoek, waarin Afrikaans telkens as een lid van die taalaanbod funksioneer. Leerders in die grondslagfase vorm die teikengebruikers van die bepaalde kategorie woordeboeke en daarom is die artikel binne die leksikografiese teorie van die gebruikersperspektief gesitueer, maar terselfdertyd ook binne die veld van die opvoedkundige leksikografie. In hierdie artikel word daar dus ook na konsepte binne leesnavorsing, taalver-werwing en tweedetaalonderrig verwys, wat dan op die visuele elemente in hierdie woordeboeke toegepas word. Die gebruik, waarde en tipes illustrasies in woordeboeke word deur middel van 'n literatuurstudie ondersoek en toepassing vind binne die geletterdheidskonteks van die teikengebruiker plaas. Die gebruik van visuele elemente in ooreenstemming met die geletterdheidsbehoeftes van die teikengebruikers vorm die fokus van die artikel.<hr/>Dictionaries used for teaching and learning in an educational setting undoubtedly have an educational purpose and function (if a dictionary function is understood according to the lexicographic theory of functions), whereby such an educational function is concerned with the active development of literacy skills. In the case of dictionaries for the foundation phase, target users have emergent literacy skills and developing reading skills, in particular. For this reason, lexicographers make use of a variety of lexicographic devices, for example visual elements, to render language support to the target user. Learners in the foundation phase form the target users of this category of dictionaries and the focus of the article is situated within the lexicographic theory of the user perspective, and the field of pedagogical lexicography. Concepts known in reading research, language acquisition and second language teaching come into play and are applied to visual elements in dictionaries. The use, value and types of illustrations in dictionaries are investigated by means of a literature study and then applied within the literacy context of the target user. Use of visual illustrations in accordance with the literacy needs of the target users forms the focus of the article.