Scielo RSS <![CDATA[Literator (Potchefstroom. Online)]]> http://www.scielo.org.za/rss.php?pid=2219-823720170002&lang= vol. 38 num. 2 lang. <![CDATA[SciELO Logo]]> http://www.scielo.org.za/img/en/fbpelogp.gif http://www.scielo.org.za <![CDATA[<b><i>Literator</i> USAN-uitgawe voorwoord</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2219-82372017000200001&lng=&nrm=iso&tlng= <![CDATA[<b><i>Literator</i> USAN edition editorial</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2219-82372017000200002&lng=&nrm=iso&tlng= <![CDATA[<b>The ghost of Afrikaner identity in <i>Ancestral voices</i>, <i>Leap year</i> and <i>The long silence of Mario Salviati</i> (Etienne van Heerden)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2219-82372017000200003&lng=&nrm=iso&tlng= Spookkarakters is 'n kenmerkende aspek van Etienne van Heerden se roman-oeuvre, maar tot op hede is weinig navorsing gedoen waarin daar spesifiek na die aard en funksie van hierdie spookkarakters ondersoek ingestel is. In hierdie artikel bespreek ek Van Heerden se gebruik van spookkarakters diachronies, met verwysing na die romans Toorberg (1986), Die stoetmeester (1993) en Die swye van Mario Salviati (2000). Ten einde die aard van spookkarakters uit te klaar, word daar van die sogenaamde paranormale wetenskap gebruik gemaak. Die spoke in die drie betrokke romans word hiervolgens geklassifiseer en binne die konteks van die roman waarin hulle verskyn, bespreek. Hierdeur sal ek aantoon hoe die spookkarakters in dié romans as 'n voortdurend veranderende vergestalting van Afrikaneridentiteit ('n sentrale tema in Van Heerden se oeuvre) gelees kan word. Van Heerden se Afrikaner verander oor tyd: in Toorberg vorm die spookkarakters 'n kollektief wat 'n gefragmenteerde beeld van die stereotipiese, argaïese, manlike Afrikaneridentiteit vergestalt; in Die stoetmeester word 'n liminale karakter in 'n liminale historiese tydperk juis só geskryf om 'n liminale Afrikaneridentiteit te vergestalt; en in Die swye van Mario Salviati word daar wegbeweeg van 'n eksklusiewe Afrikaneridentiteit na 'n meer omvattende Suid-Afrikaanse identiteit deur die gebruik van spookkarakters wat ten opsigte van agtergrond en herkoms verskil. Ten slotte sal die historiese kontekste van die romans en die identiteite daarin vergelyk en bespreek word ten einde die funksie van Van Heerden se spookkarakters as voortdurende herskrywings van Suid-Afrikaanse identiteite uit te lig.<hr/>Ghost characters are a characteristic of the novels of Etienne van Heerden, but little research has been done concerning the nature and function of these ghost characters. In this article I discuss Van Heerden's use of ghost characters diachronically with reference to the novels Ancestral voices (1986), Leap year (1993) and The long silence of Mario Salviati (2000). In order to clarify the nature of these ghosts, I use the so-called science of the paranormal as a framework. The ghosts in the three novels will be classified accordingly, and then discussed within the context of the novels in which they appear. In this way, I shall show how the ghost characters in these novels can be read as a constantly changing embodiment of Afrikaner identity (a central theme in Van Heerden's oeuvre). Van Heerden's Afrikaner changes with the times: in Ancestral voices the ghost characters form a collective that represents a fragmented image of the stereotypical, archaic male Afrikaner identity; in Leap year a liminal character is written in a liminal time to embody a liminal Afrikaner identity; and in The long silence of Mario Salviati Van Heerden moves away from the exclusive Afrikaner identity to a broader South African identity by using ghost characters from very different backgrounds and origins. In conclusion I shall compare these identities and the historical contexts of these novels in order to show the function of Van Heerden's ghost characters as constant rewritings of South African identities. <![CDATA[<b>The representation of women in <i>Huisgenoot</i> in 1963 and 2013: A multimodal discourse analysis</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2219-82372017000200004&lng=&nrm=iso&tlng= Die standpunt dat die mens en die media in 'n verhouding van wedersydse beïnvloeding staan, sowel as die studie wat die kulturele konseptualisering van vroulikheid in twee Huisgenoot-uitgawes (1953 en 2003) ondersoek, geld as uitgangspunt vir dié studie. Hierdie studie het ten doel om te bepaal of daar 'n verskil is in die uitbeelding van die vrou in die Huisgenoot uitgawes van onderskeidelik 1963 en 2013. Volgens navorsing werk die visuele beeld en geskrewe teks saam om 'n boodskap oor te dra. Multimodale diskoersanalise (MDA) word juis gebruik om beide visuele beeld en geskrewe teks te bestudeer. Sodoende word die metode van intersemiotiese komplementariteit binne MDA in hierdie studie gebruik. Die studie kom tot die gevolgtrekking dat die uitbeelding van die ideale vrou se verantwoordelikhede uitgebrei is, maar dat die vrou se rol tóg tot sekere ruimtes beperk word, soos die sigbaarheid van die moeder-stereotipe weerspieë<hr/>The opinion that people and the media are in a relationship of mutual influence, together with the study of the cultural conceptualisation of femininity in two issues of Huisgenoot, is the point of departure. The purpose of this study is to determine if there is a difference in the portrayal of women in the 1963 and 2013 issues of Huisgenoot. According to research, the visual image and written text work together to convey a message. Multimodal discourse analysis (MDA) assumes that a variety of modes are used to construct meaning. MDA assumes that communication and representation comprise of more than just language. Therefore, the intersemiotic complementarity method within MDA is used. The study comes to the conclusion that the representation of the ideal woman's responsibilities has extended, although the woman's role is still restricted to certain domains, as reflected by the presence of the mother stereotypes. <![CDATA[<b>'Taming untamed pests': Representing female sexualities in Tiyambe Zeleza's <i>Smouldering Charcoal</i> and James Ng'ombe's <i>Sugarcane with Salt</i></b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2219-82372017000200005&lng=&nrm=iso&tlng= In this article, I explore a range of intersections between the ideological-material legacies of a dictatorial regime and representations of female sexuality in Malawian fiction. I am particularly interested in using literary narratives to examine how fiction writers explore the congruencies and disjunctures amongst outright political dictatorship and the impact on bodies and behaviours of state-inflected institutions such as 'the family', along with discourses such as gender, culture and religion that are commonly mobilised in the service of national identity. Focusing on Tiyambe Zeleza's Smouldering Charcoal and James Ng'ombe's Sugarcane with Salt, I investigate how the authors' portrayal of female sexuality contest at the same time as they reproduce received, normative 'truths' about female sexualities. By focusing on female sexual agency, desire and pleasure, this article also examines class-inflected intergenerational differences between women's conceptualisations of female sexualities as a construct that can be negotiated.<hr/>In Afrika se diktatoriale regimes vervaag die grense tussen private en openbare ruimtes as gevolg van die beheer wat die staat uitoefen oor die subjektiwiteite van gewone burgers. In hierdie artikel verken ek 'n verskeidenheid van kruisings tussen die ideologies-materinle nalatenskap van 'n diktatoriale regime en uitbeeldings van vroulike seksualiteit in Malawiese fiksie. Ek is veral geïnteresseerd in die gebruik van literêre tekste om te ondersoek hoe fiksie-skrywers die ooreenkomste en teenstellings tussen volslae politieke diktatorskap en die impak daarvan op liggame en gedrag verken, asook hoe die staat instellings soos 'die familie' vervorm. Hierdie ondersoek sluit ook in diskoerse soos geslag, kultuur en godsdiens wat algemeen gebruik word in die diens van nasionale identiteit. Ek fokus op Tiyambe Zeleza se Smouldering Charcoal en James Ng'ombe se Sugarcane with Salt, en ondersoek hoe die skrywers se uitbeelding van vroulike seksualiteit gevestigde normatiewe 'waarhede' oor vroulike heteroseksualiteit voortsit en terselfdertyd bestry. Deur te fokus op vroulike seksuele agentskap, begeerte en plesier, ondersoek hierdie artikel ook klas-gebaseerde intergenerasionele verskille tussen vroue se konseptualiserings van vroulike heteroseksualiteite as 'n konstruk wat beredeneer kan word. <![CDATA[<b>The semantics of the <i>aan</i>-construction in 16th-century Dutch: A semasiological and onomasiological approach</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2219-82372017000200006&lng=&nrm=iso&tlng= This article focuses on the semantics of the Dutch aan-construction [NP V NP aan NP], for example, Jan geeft een boek aan Piet ('Jan gives a book to Piet') in the 16th-century. In modern Dutch the aan-construction is used as an alternative to the Dutch double object construction, but previous research suggests that the use of ditransitive verbs in the Dutch aan-construction is only a 16th-century innovation - this alternation is called the 'dative alternation'. However, it is not clear which ditransitive verbs initiated the dative alternation. Colleman (2010) believes that the first instances of the ditransitive use of the aan-construction are concrete physical movements of the direct object from the subject to the indirect object; however, he argues there is no quantitative proof to support those claims. In a self-compiled corpus of 16th-century Dutch, this article tries to find the evidence which is needed to underpin Colleman's hypothesis by making use of the distinctive collexeme analysis and its diachronic variant. The results show that the first ditransitive instances of the aan-construction are indeed concrete uses, but that there is also an increase in the metaphorical use of the construction.<hr/>Hierdie artikel fokus op die semantiek van die Nederlandse aan-konstruksie [NP V NP aan NP], byvoorbeeld Jan geeft een boek aan Piet ('Jan gee 'n boek aan Piet') in die sestiende eeu. In moderne Nederlands word die aan-konstruksie gebruik as 'n alternatief vir die Nederlandse dubbelobjekkonstruksie, maar navorsing dui daarop dat die gebruik van ditransitiewe werkwoorde in die Nederlandse aan-konstruksie slegs 'n sestiende-eeuse verskynsel is - hierdie afwisseling staan bekend as die 'datiefafwisseling'. Dis egter nie duidelik watter ditransitiewe werkwoorde die datiefalternansie geïnisieer het. Colleman (2010) glo dat die eerste gevalle van die ditransitiewe gebruik van die aan-konstruksie konkrete fisiese bewegings is waarby die direk objek van die subjek na die indirek objek beweeg. Hy argumenteer egter dat daar geen kwantitatiewe bewys is om die bewerings te staaf nie. In 'n selfsaamgestelde korpus van sestiende-eeuse Nederlands probeer hierdie artikel die bewyse vind om Colleman se hipotese te ondersteun en sal die distinktiewe kollekseemanalise en sy diakroniese variant gebruik. Die resultate dui daarop dat die eerste ditransitiewe gevalle van die aan-konstruksie inderdaad konkrete gebruike is, maar dat daar ook 'n toename is in die metaforiese gebruik van die konstruksie. <![CDATA[<b>The role of usability in e-lexicography</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2219-82372017000200007&lng=&nrm=iso&tlng= In die ontwikkeling van die teoretiese leksikografie was die primêre fokus van metaleksikograwe vroeër meestal op modelle vir die daarstelling van gedrukte woordeboeke. Soos die tegnologie vooruitgang maak, verskuif daardie fokus nou na elektroniese woordeboeke. Die ontwikkeling van woordeboeke as elektroniese produkte vestig tans die aandag op 'n leemte in die metaleksikografie. Hierdie leemte het gevolge vir die bestaande teoretiese modelle waarvolgens woordeboeke ontwerp word, asook die praktiese ontwikkeling van volwaardige leksikografiese naslaanbronne vir die toekoms. Elektroniese data- of inligtingsdraers soos woordeboeke is nie beperk tot die leksikografie nie, maar vind ook neerslag in ander velde soos inligtingstegnologie en taaltegnologie. Vir die bestaande leksikografieteorieë om suksesvol aan te pas by die elektroniese sfeer, moet daar aandag gegee word aan die fisiese en tegnologiese eienskappe van verskillende e-instrumente. Hierdie eienskappe moet aan sekere internasionale vereistes voldoen wat nie noodwendig altyd deur leksikograwe in ag geneem word nie. Deur gebruik te maak van die bruikbaarheidsbenadering en ander bruikbaarheidsteorieë kan die bestaande leksikografiese beginsels makliker en beter aangepas en toegepas word binne die elektroniese ruimte. Hierdie studie beoog daarom om die belangrikheid van die bruikbaarheidsbenadering vir (en die oorvleueling met) die e-leksikografie bloot te lê en om te bewys hoe elektroniese woordeboeke nie sonder ander interdissiplinêre beginsels vanuit die tegnologiese sfeer ontwikkel behoort te word nie.<hr/>In the development of the metalexicography, the primary focus of metalexicographers was on the development of printed dictionaries. As technology advances, the focus now shifts towards online and electronic products. Tarp (2009:23-24) posits that this shift results in metalexicographic shortcomings. This means that the theories used to create and evaluate dictionaries are not sufficient anymore. Bergenholtz and Bothma (2011:54) show that dictionaries as data carriers are now not only limited to the field of lexicography, but also to information technological fields. For current lexicographers to be successful in the digital age, the theories used in designing, developing and critiquing dictionaries must adapt with regards to current information technological trends, norms and practices. One aspect that must be addressed is the usability of dictionaries and other electronic lexicographic tools. By using usability theories and standards, current metalexicographical principles can be adapted for the digital age in a streamlined fashion. This study aims to show how usability theories and standards can be advantageous for metalexicography and that future electronic metalexicographic endeavours should not be undertaken without considering the usability as part of the theoretical framework. <![CDATA[<b>Strategies used in the translation of fixed expressions in magazines: A comparison of selected texts with Afrikaans as source language and South African English as target language</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S2219-82372017000200008&lng=&nrm=iso&tlng= This article will look at the translation of idioms and other types of fixed expressions from Afrikaans (the source language) into South African English (the target language), from selected texts in Huisgenoot and You magazines from a study conducted over the 10-week period from 18 July 2013 to 19 September 2013. The article will start by looking at the difficulties in defining idioms and other types of fixed expressions and will draw on the work of Rosamund Moon for this. It then uses the strategies on the translation of idioms (and other types of fixed expressions) in Mona Baker's In Other Words to categorise a set of 70 such expressions according to the strategy used to translate them and concludes by looking at whether equivalence is obtained.<hr/>Hierdie artikel sal kyk na die vertaling van idiome en ander vorme van vaste uitdrukkings uit Afrikaans (die brontaal) na Suid-Afrikanse Engels (die doeltaal), van geselekteerde tekste in Huisgenoot en You. Dit was deel van 'n studie wat oor 'n tydperk van tien weke (van 18 Julie 2013 tot 19 September 2013) uitgevoer is. Die artikel begin deur te kyk na die probleme wat betref die definisie van idiome en ander vorme van vaste uitdrukkings, en put hier veral uit die werk van Rosamund Moon. Dit gebruik dan die strategieë vir die vertaling van idiome (en ander vorme van vaste uitdrukkings) in Mona Baker se In Other Words om 'n stel van 70 sulke uitdrukkings te kategoriseer en sluit af deur te kyk of ekwivalensie verkry word.