Scielo RSS <![CDATA[HTS Theological Studies]]> http://www.scielo.org.za/rss.php?pid=0259-942220170005&lang=pt vol. 73 num. 5 lang. pt <![CDATA[SciELO Logo]]> http://www.scielo.org.za/img/en/fbpelogp.gif http://www.scielo.org.za <![CDATA[<b>Voorwoord</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0259-94222017000500001&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt <![CDATA[<b>Die barmhartige God, regverdiging en goeie werke deur Luther</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0259-94222017000500002&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Martin Luther het as monnik getwyfel of hy ooit genoeg goeie werke sou kon doen en daarom nie genade by God sou kon vind nie. Danksy sy noukeurige bestudering van Paulus se briewe het hy ontdek dat God, die Vader van Jesus Christus, nie die toornige God is wat net wil straf nie, maar die barmhartige Vader is wat genade wil betoon. Die boodskap oor God se barmhartigheid sien Luther saamgevat in die begrip 'geregtigheid van God'. God se geregtigheid bestaan in sy wil om sondes te vergewe sodat gelowiges voor Hom as geregverdigde mense kan bestaan. In hierdie hoofstuk word God se drie gestaltes van geregtigheid verduidelik aan hand van die drie gestaltes van sonde. Aangesien daar voortdurend misverstand is oor Luther se erns jeens goeie werke, word daar in diepte aandag gegee aan die samehang tussen geloof en werke in sy denke. Die vraagstelling word toegespits op die doen van liefde. Daar word daarop gewys dat Luther se betoog daarop neerkom dat slegs persone wat goeie bome (deur die geloof) gemaak word, in die doen van die liefde kan volhard. <![CDATA[<b>Martin Luther en Johannes Calvyn oor die Christelike vryheid</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0259-94222017000500003&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Vryheid is naas regverdiging een van die belangrikste temas van die Reformatoriese teologie. Luther se geskrif 'Oor die vryheid van 'n Christenmens' (1520) is een van sy hoofgeskrifte. In hierdie geskrif beskryf hy die vryheid van die innerlike en die uiterlike mens. Die innerlike mens is vry en niemand se onderdaan nie. Die uiterlike mens is weer elke ander mens se onderdaan en dienskneg. Die Christen dien sy medemens deur die liefde. Luther se verstaan van naasteliefde word vanuit ander geskrifte toegelig. Johannes Calvyn se verstaan van vryheid volgens sy 'Institusie' van 1559 word ook bespreek. Daar word op die groot ooreenstemming tussen Luther en Calvyn gewys. Die verskille tussen die twee Reformatore is minimaal. Calvyn het egter wel groter aandag aan die adiafora-vraagstuk gegee. Daar word ook deurgaans na Philipp Melanchthon se invloed op Calvyn gewys. Die relevansie van die vryheidsvraagstuk lê nie in die instrumentalisering van die Christelike vryheid nie, maar in die hernude bestudering van die klassieke tekste met die bedoeling om die belangrike reformatoriese motiewe te herontdek. Hierdie motiewe is relevant - ook in ons samelewing. <![CDATA[<b>Die ontstaan en belang van Calvyn se eerste drie publikasies</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0259-94222017000500004&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Gedurende 2017 herdenk Lutherse en Calvinistiese kerke die Kerkhervorming wat 500 jaar gelede plaasgevind het. Hierdie hoofstuk fokus op Johannes Calvyn se eerste publikasies, dit wil sê publikasies wat verskyn het voordat hy met sy bediening in Genève begin het. Die fokus val op die drie belangrikste publikasies in hierdie periode, te wete sy 'Kommentaar op Seneca se De Clementia', die 'De Psychopannychia' en die eerste uitgawe van sy 'Christianae Religionis Institutio'. In hierdie eerste drie publikasies is 'n jeugdige Calvyn aan die woord. Ten spyte daarvan is die publikasies omvangryk en is dit duidelik dat Calvyn vroeg in sy lewe oor omvangryke kennis en insig beskik het. Die vroegste publikasies word somtyds as van minder belang geag. In hierdie bydrae word die stelling gemaak dat die publikasies van groot belang is omdat Calvyn talle van die gedagtes wat later in sy werke na vore kom, reeds in sy vroeë werke aan die orde gestel het. <![CDATA[<b>Calvin, Van Lodenstein and Barth: Three perspectives on the necessity of church reformation</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0259-94222017000500005&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt During 2017, churches with their roots in the 16th-century Reformation, will be celebrating the legacy of the Reformation. It affords theologians and churches the opportunity to reflect on the principles of the Reformation and its relevance at the start of the 21st century. This contribution reflects on the question of the necessity of church reformation, based on three texts from different periods in the history of the church. Firstly and primarily, Calvin's 'De necessitate reformandae ecclesiae' of 1543 sheds light on the issues the 16th century reformers were faced with and why they believed the church needed reformation. Calvin had a very clear view on the necessity of church reformation, but that it should also come to some conclusion once the liturgy and doctrine are in order. The question of church reformation is then further discussed in the light of two other texts, one from Jodocus van Lodenstein (Beschouwinge van Zion) and Karl Barth (1947, 1948) ('Die Botschaft von der freien Gnade Gottes). All agree on the necessity of church reformation, but differ in terms of theological and practical implications. The contribution concludes with a few remarks on the modern maxim 'ecclesia semper reformanda'. <![CDATA[<b>Adrianus van Selms as reformatoriese teoloog</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0259-94222017000500006&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Adrianus van Selms as protestantse Teoloog. Van Selms het in 1938 vanaf Nederland na Suid-Afrika toe gekom om Semitiese Tale te doseer in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte aan die Universiteit van Pretoria. Hy het ook deeltyds in die Fakulteit Teologie doseer. Die Universiteit van Pretoria het hom as een van denkleiers van die 20ste eeu aan die universiteit erken. Hy het geslagte van teologiese studente beïnvloed tydens sy amptelike dienstydperk aan die universiteit, vanaf 1938 tot 1971. Meer as 300 publikasies staan agter sy naam. Behalwe vir werk wat hy op die terrein van die Semitiese Tale gelewer het, het hy ook verskeie kommentare oor Ou-Testamentiese boeke geskryf. Verder was hy ook aktief as prediker in die kerk en het ook 'n uitsonderlike bydrae tot die kategesemateriaal van die Kerk gelewer. As teoloog het Van Selms aansluiting gevind by die reformatoriese tradisie van die 16de eeu. As eksegeet het hy die uitdaging aanvaar om die Bybelse tekste te lees in die erkenning van die historiese afstand wat die hedendaagse leser van die oorspronklike tekste skei. Hy is sodoende gekonfronteer met die knaende probleem van die benadering tot die Bybelse tekste: dogmaties of histories-krities? Deur as eksegeet sy eie dogmatikus te word, het hy die twee benaderings nie apart gehou nie, maar tot 'n eenheid gebring en op die manier 'n hervorming in die beoefening van die teologie verteenwoordig. Hy aanvaar met hierdie werkswyse die verantwoordelikheid vir die erfenis van die Kerkhervorming vir die kerk van sy dag. Die hoofstuk ontwikkel langs die verwagtinge wat aan die amp van predikant in die reformatoriese tradisie gestel word: teologie, prediking, kategese en herdelike sorg. <![CDATA[<b>Om vryelik asem te haal in die lewensruimte van die trinitariese God: Jürgen Moltmann se bydrae tot 'n Reformatoriese teologie van solidariteit</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0259-94222017000500007&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt In hierdie hoofstuk word Jürgen Moltmann se bydrae tot Reformatoriese teologie ondersoek. Sy teologie kan beskryf word as 'n teologie wat Bybels gegrond is, 'n eskatologiese gerigtheid en 'n politieke verantwoordelikheid het. Dit is juis om hierdie rede dat sy teologie ook 'reformatories' is. Dit is 'n beskrywing waarvoor hy ook doelbewus kies, omdat die begrip 'reformatories' die dinamiese, voortgaande en profetiese karakter van Reformatoriese teologie aandui. Hierdie teologiese karakter kom veral na vore in Moltmann se verstaan van die Triniteitsleer en sy trinitariese teologie, wat beskryf kan word as 'n 'Trinitariese teologie van solidariteit en sosiale geregtigheid.' Die lewensruimte van die Triniteit word deur Moltmann as 'wye ruimte' beskryf, en as 'n 'uitnodigende ruimte' waarin daar nie beknoptheid is nie. Binne die hoofstuk word dit geargumenteer dat Moltmann se Triniteitsteologie die hartklop is van sy bydrae tot Reformatoriese teologie. Dit is baie nou verbind aan sy politieke teologie en word geïllustreer op die wyse waarop sy Triniteitsteologie en sy politieke teologie van inklusiwiteit en geregtigheid met mekaar verweef is. <![CDATA[<b>Verskuiwing van teologiese denke oor die huwelik vanaf Luther tot vandag</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0259-94222017000500008&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt In hierdie hoofstuk word Luther se teologiese denke oor die huwelik en seksualiteit bespreek. Luther se invloed op teologiese denke oor die huwelik word aangetoon. Die hoofstuk wys daarop dat sedert Luther tot vandag, seksuele verskille 'n belangrike kwessie is wanneer daar vanuit 'n teologiese perspektief oor die huwelk nagedink word. 'n Hermeneutiek van suspisie word gebruik om die skeppingsorde teologie sowel as die begrip 'mens as geskape na die beeld van God', wat tradisioneel gebruik word in die nadenke oor die huwelik, te interpreteer. <![CDATA[<b><i>Usus politicus evangelii</i></b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0259-94222017000500009&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt <![CDATA[<b>Mistifikasie en geloof: Dekonstruksie van geloofsverstaan in kategesemateriaal van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0259-94222017000500010&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Die voortgesette proses van implementering van nuwe materiaal wat gebruik word vir katkisasie in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika vertoon 'n besondere trajek. Die proses het, in terme van geloof, begin met die formalisering van sowel die geloofsbegrip as die beskrywing van die inhoud van geloof. Dit is voortgesit deur 'n proses van die objektivering van die inhoud van geloof tot feite wat geleer kan word en is uiteindelik voltrek deur die implementering van 'n pragmatiese opvoedkundige doelwit waarin geloof bloot 'n middel tot 'n doel geword het. Die trajek kan kortliks soos volg beskryf word: • Die Heidelbergse Kategismus Geloof is die aanneming van die beloftes van God wat vertroue in die lewende God skep. • 'Kortbegrip': Geloof is sekere kennis van God en sy beloftes en 'n hartlike vertroue dat al my sondes om Christus ontwil vergewe is. • Die belydenis van die Hervormers: Ek glo in God beteken dat ek al my vertroue op God stel en Hom op sy woord neem. • Geloofsleer: Geloof is kennis van die Woord van God en vertroue in die God van die Woord. • Geloof en Lewe 11: Geloof is die toe-eiening van kenbare geloofoorleweringe wat in die Bybel opgeneem is. Die kerk kan daarom kinders deur 'n proses van kategese begelei tot geloofsvolwassenheid. Vandag is die uitgangspunt van katkisasie en die motivering daarvoor in die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika die oortuiging dat die kerk kinders deur 'n proses van kategese tot godsdienstige volwassenheid kan lei. Van Selms se kategismus pas nie in die trajek wat hier beskryf word nie. Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika sou vandag heeltemal anders gelyk het as meer as een generasie van die lidmate van die Kerk aan hierdie kategeseboek blootgestel was. <![CDATA[<b>Openheid, geslotenheid en moontlikheid: Die reformatore en ander godsdienste</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0259-94222017000500011&lng=pt&nrm=iso&tlng=pt Inter-godsdienstige verhoudinge was nog altyd problematies. Teologie van godsdiens en teologie van godsdienste is die wyse waarop die Christendom oor die teenwoordigheid en aard van ander godsdienste besin. Die kerkhervormers het ook 'n bepaalde verstaan van die bestaan van en verhouding tussen die Christendom en nie-Christelike godsdienste gehad. Hierdie bydrae probeer aantoon hoe die kerkhervormers verskil het in hulle benadering tot ander godsdienste. Martin Luther en Philipp Melanchthon het die moontlikheid van verhoudinge met ander godsdienste, in besonder Jode en Moslems voorgestaan, al was dit dan ook net n momentele mening van Luther. Daarmee verteenwoordig hulle n kategorie van 'moontlikheid'. Johannes Calvyn was meer afwysend teenoor die gedagte van moontlikheid van heil binne ander godsdienste en behoort daarom tot die kategorie van 'geslotenheid'. Die kerkhervormer Theodore Bibliander was oop vir gesprek en positief oor verhoudinge met Moslems alhoewel hy nie gedink het dat heil en verlossing buite die Christendom moontlik is nie. Vir Bibliander het verhouding met ander begin, met kennis van die ander. Hy verteenwoordig die kategorie van 'openheid'. Die kerkhervormers se verstaan van die verhouding met ander godsdienste lewer n bydrae tot n huidige besinning oor inter-godsdienstige verhoudinge.