Scielo RSS <![CDATA[Historia]]> http://www.scielo.org.za/rss.php?pid=0018-229X20110002&lang=es vol. 56 num. 2 lang. es <![CDATA[SciELO Logo]]> http://www.scielo.org.za/img/en/fbpelogp.gif http://www.scielo.org.za <![CDATA[<b>The Union of South Africa censuses 1911-1960</b>: <b>an incomplete record</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2011000200001&lng=es&nrm=iso&tlng=es ABSTRACT Censuses represent a major government enterprise to gather useful information on the population of the country to assist in the administration. The establishment of the Union of South Africa required the creation of a new integrated census system. Initially colonial precedents were followed, but distinctive features, most notably the racial bias in statistical collection and reporting, intruded. The two World Wars and the depression also negatively impacted upon the conduct of the censuses and the tabulation and publication of the results. Indeed, four of the ten Union censuses only described the White population in the country, while substantial sets of collected data were never tabulated and published. Moreover, after the first census in 1911, different questionnaires were supplied to various racial groups and most of the statistics tabulated for the majority of the population were relegated to brief separate reports or summary tables, following the White figures. The censuses therefore failed to gather and present comprehensive and comparable information upon the entire population, leading to significant gaps in the statistical record in the Union period.<hr/>OPSOMMING Sensusse verteenwoordig 'n groot regerings onderneming om nuttige inligting in te samel oor die bevolking van die land om die administrasie by te staan. Met die vestiging van die Unie van Suid-Afrika was dit nodig vir die skepping van 'n nuwe geïntegreerde sensus stelsel. Aanvanklik was koloniale presedente gevolg, maar die kenmerkende eienskappe, veral die rasse-vooroordeel in statistiek versameling en verslagdoening het later ingedring. Die twee wêreldoorloë en die depressie het ook 'n negatiewe uitwerking op die uitvoer van die sensusse en die tabulering en publikasie van die uitslae gehad. Inderdaad vier van die tien Unie sensusse beskryf slegs die wit deel van die bevolking, terwyl baie van die versamelde data was nooit getabuleer en gepubliseer nie. Buitendien, ná die eerste sensus in 1911, was veelsoortige vraelyste aan verskillende rassegroepe gegee, en die meeste van die statistieke wat vir die meerderheid van die bevolking ingepalm was, het slegs in kort, afsonderlike verslae of opsomming tabelle beland. Die sensusse, is dus nie omvattende nie en die inligting is nie vergelykbaar van die hele bevolking nie en dus het dit gelei tot groot leemtes in die statistiese rekord van die Unie-tydperk. <![CDATA[<b>The state and the profession</b>: <b>initiatives and responses to the organisation of the accounting profession in South Africa, 1904-1951</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2011000200002&lng=es&nrm=iso&tlng=es ABSTRACT This article investigates the disagreement among accounting professionals in South Africa, the strategies developed to acquire professional exclusivity and the protracted state involvement in the process. Government intervention influenced aspects of professional closure and the interference by British bodies in the organisation of the profession in South Africa. The emergence of an "imperial arena" for professional accountants developed alongside growing national interests. This was not limited to South Africa only, but also manifested in the developments of the accounting profession in Canada and Australia.<hr/>OPSOMMING In hierdie artikel word die onderlinge verskille tussen professionele rekenmeesters in Suid-Afrika ondersoek en word die lig gewerp op die strategieë wat gevolg is om professionele eksklusiwiteit te verseker. Die artikel wys ook op die uitgerekte en onwillige betrokkenheid van die staat by die proses. Regeringsinmenging het aspekte van die professionele sluitingstrategie en die inmenging deur Britse organisasies in die Suid-Afrikaanse sluitingstrategie beïnvloed. 'n Imperiale "rekeningkundige arena" vir professionele rekenmeesters het gelyklopend met plaaslike nasionale belange beslag gekry. Hierdie ontwikkeling was nie tot Suid-Afrika beperk nie, maar het in effens gewysigde vorm ook in die rekenmeestersprofessie in Kanada en Australië ontplooi. <![CDATA[<b>The history of Afrikaner involvement in the Rhodesian tobacco industry (1890-1980)</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2011000200003&lng=es&nrm=iso&tlng=es OPSOMMING Die tabakbedryf in Rhodesië (vandag Zimbabwe) het ongetwyfeld 'n kardinale rol in die ekonomiese ontwikkeling van Rhodesië gespeel. Sedert die Britse kolonialisering van Rhodesië gedurende die 1890's het die klem van goudontginning en algemene landbouproduksie geleidelik na die opkomende tabakbedryf verskuif. Alhoewel die maatskappybewind van die British South Africa Company die fondament van die bedryf gelê het, kon die teenwoordigheid van Afrikaners binne die tabakbedryf nie sonder meer ontken word nie. As oorwegend landelike gemeenskap is die toetrede van Afrikaners tot die bedryf egter dikwels deur allerlei probleme en mislukkings gestrem. As gevolg van verbeterde meganisasie, boerderypraktyke en omstandighede na die Tweede Wêreldoorlog, kon Afrikaners meer effektief aan die uitbreiding van die bedryf deelneem. Mettertyd sou hierdie Afrikanertabakboere insgelyks tot die verbouing van Rhodesië se primêre uitvoerkommoditeit bydra. Hierdie artikel het ten doel om die betrokkenheid, probleme en welvaart van Afrikanertabakboere binne die geskiedkundige konteks van die Rhodesiese tabakbedryf te bespreek.<hr/>ABSTRACT The significance of the tobacco industry in the history of Rhodesia (today Zimbabwe) became in de facto inseparable from the economic development of the country. Since the British colonization of Rhodesia during the 1890's, the emphasis on gold mining and ordinary agricultural produce gradually shifted to the evolving tobacco farming. Although it had been the rule of the British South Africa Company that ultimately laid the foundations of the tobacco industry, the presence of Afrikaners within the industry cannot be disregarded. Considered to be a farming community, the initial endeavours and embarkation of Afrikaner farmers in the industry were more often than not hampered by problems and failure. Due to improved mechanization, farming practices and circumstances after the Second World War, Afrikaners could more effectively and with greater prospect partake in the expansion of the industry. Afrikaner tobacco farmers over time contributed in the cultivation of Rhodesia's primary export commodity. This article seeks to address the involvement, problems and enrichment of Afrikaner tobacco farmers in the historical context of the Rhodesian tobacco industry. <![CDATA[<b>Kent gij dat volk</b>: <b>the Anglo-Boer War and Afrikaner identity in postmodern perspective</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2011000200004&lng=es&nrm=iso&tlng=es ABSTRACT This article, based on a thesis on the Anglo-Boer War as it was experienced by the people of the Winburg district, demonstrates how postmodern insights, which have excited much discomfort among practising historians, can contribute to an understanding of the Anglo-Boer War that is relevant to Afrikaner identity in a democratic, pluralistic South Africa. The traditional Afrikaner nationalist paradigm is invalidated by an anti-totalising approach and its ideological use of history for the exercise of power is unmasked. On the other hand, deconstruction brings to light aspects of the past that may usefully be recuperated.<hr/>OPSOMMING Hierdie artikel, wat gebaseer is op 'n proefskrif oor die Anglo-Boereoorlog soos dit deur die bevolking van die Winburg-distrik ervaar is, demonstreer hoedat postmoderne insigte wat professionele historici erg verontrus het, kan bydra tot 'n siening van die oorlog wat relevant is met betrekking tot Afrikaner-identiteit in 'n demokratiese, pluralistiese Suid-Afrika. Die tradisionele, Afrikaner-nasionalistiese paradigma word ontkrag deur 'n antitotaliserende benadering en die ideologiese gebruik van die geskiedenis vir magsuitoefening word aan die kaak gestel. Aan die ander kant kan dekonstruksie daartoe bydra om aspekte van die verlede na vore te bring wat met voordeel opnuut aandag kan geniet. <![CDATA[<b>Legal validity of military trials in the Orange Free State during the Anglo-Boer War, 1899-1902</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2011000200005&lng=es&nrm=iso&tlng=es OPSOMMING Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) het vernietigende gevolge vir die meeste van die inwoners van Suidelike Afrika ingehou, tot ontwrigting gelei en veel trauma veroorsaak. Die stryd het ook sy kwota omstrede voorvalle opgelewer, insluitend moordsake. Die regstelsel, wat in die gebied van toepassing was, is onder druk geplaas en soms in omstredenheid gedompel. Die dood van die Britse luitenant, Cecil Boyle, aan die begin van Januarie 1901 en die voortspruitende hofsake in 1901 en 1903, het tot veel spanning, omstredenheid en ongelukkigheid gelei - afhangende natuurlik vanuit wie se oogpunt na die gebeure gekyk word. In hierdie studie word die genoemde gebeure, soos ook die verhore van Stephanus Johannes Vilonel en J.J. Eva in historiese konteks geplaas en regshistories geïnterpreteer ten einde die regsimplikasies wat die Anglo-Boereoorlog vir die mense in die oorlogsgebied ingehou het (asook gedurende die periode na afloop van die stryd) uit te wys, en ook aan te dui hoe die regs- en historiese wetenskappe mekaar heel sinvol kan aanvul.<hr/>ABSTRACT The Anglo-Boer War (1899-1902) had devastating consequences for most of the people living in Southern Africa at that time. It led to disruption and caused trauma. The struggle also produced its quota of controversial incidents (including murder cases), put the legal systems of the area under pressure, and sometimes plunged it into controversy. The death of the British lieutenant, Cecil Boyle, at the beginning of January 1901, and the ensuing court cases that followed in 1901 and 1903, led to much tension, controversy, and unhappiness - depending of course, from whose point of view the issues are looked at. In this study, the above-mentioned events, as well as the trials of Stephanus Johannes Vilonel, and of J.J. Eva, are placed in historical context, and interpreted from a legal historical point of view, in an effort to point out some of the legal implications that the Anglo-Boer War had for the people in the war zone, as well as for the post-war era. It also demonstrates that the legal and historical sciences can be complementary. <![CDATA[<b>Narratives from North Africa</b>: <b>South African prisoner-of-war experience following the fall of Tobruk, June 1942</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2011000200006&lng=es&nrm=iso&tlng=es ABSTRACT South African prisoners of war (POWs) captured at Tobruk in June 1942 experienced similar events and conditions. All shared a feeling of shock at becoming POWs and all of them had to deal with extremely difficult living conditions in prison camps. Attitudes towards their enemies, German or Italian, were for the most part very similar among POWs, although differences can to an extent be ascribed to the home language or family ancestry of the specific POW in question. On the other hand, attitudes towards fellow POWs, especially between black and white, cannot be generalised, and each case needs to be assessed individually. Characteristics unique to South African POWs are even more difficult to identify because the South Africa forces were a very diverse group, with the only distinguishing factor being that of language. When discerning between the general experience and the individual experiences, it is important to separate the circumstances from the POWs reactions to those circumstances, because the circumstances represent the general experience and the reaction to such situations represents the individual experience.<hr/>OPSOMMING Die Suid-Afrikaners wat in Junie 1942 tydens die val van Tobruk gevange geneem is, het almal gelyksoortige ervarings en omstandighede beleef. Elkeen het die skok van gevangeneming ervaar en almal moes in haglike omstandighede in gevangekampe oorleef. Die krygsgevangenes se houding teenoor die vyand, Duits of Italiaans, was oor die algemeen redelik vergelykbaar. Die onderskeid wat daar wel was, kan tot 'n mate toegeskryf word aan die verskil in huistaal en familie-afkoms tussen die spesifieke krygsgevanges. Wat die verhoudinge tussen krygsgevanges betref, veral tussen wit en swart, kan geen veralgemenings gemaak word nie en elke geval moet individueel ondersoek word. Omdat die Suid-Afrikaners so 'n diverse groep was, met taal een van die min onderskeidende faktore, is dit besonder moeilik om eienskappe te identifiseer wat uniek was aan hulle. Wanneer daar tussen die algemene en individuele ervaring onderskei word, is dit belangrik om 'n onderskeid te tref tussen die omstandighede en die reaksies op die omstandighede omdat die omstandighede die algemene ervaring verteenwoordig terwyl die reaksie daarop die individuele ervaring verteenwoordig. <![CDATA[<b>The Retief Massacre of 6 February 1838 revisited</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2011000200007&lng=es&nrm=iso&tlng=es ABSTRACT This article has a threefold purpose. Firstly, it reconstructs the events that took place on 6 February 1838 when the Voortrekker leader Piet Retief and his companions were massacred at Mgungundlovu, the stronghold of the Zulu king, Dingane. Secondly it analyses the reasons that could have convinced Dingane that it would be wise to order his warriors to kill Retief and his men; and thirdly, it sets out to establish the historical significance of the massacre. Afrikaans historians in particular have traditionally portrayed Retief and his men as the victims of unpardonable treachery on the part of an evil barbarian. This article shows that the massacre was indeed a vile act; the brutality and the sly, underhanded way in which it was planned and executed is unjustifiable. On the other hand, the article points out that Dingane was certainly justified to look upon the Voortrekkers as a grave threat to the sovereignty of his kingdom. He and his councillors had reason to regard the unsuspecting Retief and his companions as invaders. The massacre can therefore be regarded as the first salvo in what became a two-year battle for supremacy between Zulu and Voortrekker in southern KwaZulu-Natal.<hr/>OPSOMMING Hierdie artikel het 'n drievoudige doelwit: eerstens 'n rekonstruksie van die gebeure toe die Voortrekkerleier Piet Retief en sy metgeselle op 6 Februarie 1838 by Mgungundlovu, die vesting van die Zoeloekoning Dingane, afgemaai is; tweedens 'n ontleding van die redes waarom die Zoeloekoning gereken het dat dit wys sal wees om Retief en sy metgeselle te laat vermoor; en derdens 'n bepaling van die historiese betekenis van die gebeure. Veral Afrikaanse historici het tradisioneel vir Retief en sy manne kortweg uitgebeeld as die slagoffers van onverdedigbare verraderlikheid van die kant van 'n bose barbaar. Hierdie artikel beeld ook die bloedbad as 'n verskriklike gebeurtenis uit en die brutaliteit en gemeenheid van die beplanning en uitvoering daarvan as onregverdigbaar. Aan die ander kant word daar aangetoon dat Dingane beslis gronde gehad het om die Voortrekkers as 'n ernstige bedreiging vir die soewereiniteit van sy koninkryk te beskou. Hy en sy raadgewers het rede gehad om Retief, wat deur sy goedgelowigheid in hulle hande gespeel het, en sy manne as invallers te beskou. Die bloedbad kan gevolglik beskou word as die eerste salvo in wat 'n twee-jaar-lange stryd om oppergesag tussen Zoeloe en Voortrekker in die suide van KwaZulu-Natal geword het. <![CDATA[<b>The contribution of the Urban Foundation to political reform</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2011000200008&lng=es&nrm=iso&tlng=es Die Stedelike Stigting/Urban Foundation is in reaksie op die 1976-onluste en kwynende ekonomie gestig. Die doel was om die sakegemeenskap te verenig om toenemende verstedeliking te bestuur, sodat politieke onrus bekamp kon word, stedelike swartes se lewens verbeter kon word en 'n rol in die ekonomie aan swartes gegee kon word. Die Stigting het buiten vir 'n ontwikkelingsagentskapsrol, ook 'n veranderingsagentskapsrol gespeel. Die gemeenskapsontwikkelingsrol van die Stigting was baie suksesvol. Die veranderingsagentskapsrol was op verandering van die sakegemeenskap, maar ook van die politiek gerig. Dit het daartoe bygedra dat die sakegemeenskap verdemokratiseer het en beperkende en diskriminerende wetgewing gewysig is. Meer nog: die Stigting het 'n wesenlike en selfs deurslaggewende rol in die politieke hervorming in Suid-Afrika gespeel.<hr/>The Urban Foundation/Stedelike Stigting was established in reaction to the 1976 unrest in South Africa and the dwindling economy. Its aim was to unite business in managing urbanisation so as to curb political unrest, improve the lives of urban blacks and to provide blacks with a role in the economy. Apart from a development agency role, the Foundation also played the role of a change agent. The development agency role of the Foundation was very successful. The change agent role was directed at changing business, but also politics. This resulted in the democratisation of business, as well as the amendment of limiting and discriminatory legislation. More importantly: the Foundation played a real and even crucial role in South Africa's process of political reform. <![CDATA[<b>Theological dissent re synodal directional changes in the Dutch Reformed Church, 1982-1990</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2011000200009&lng=es&nrm=iso&tlng=es OPSOMMING Tydens die algemene sinode van 1986 van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) het dié kerk belangrike besluite in verband met Suid-Afrika se rassebeleid geneem. Alhoewel die sinode nie die beleid van apartheid in beginsel verwerp het nie, het sommige van die besluite wat geneem is, skokgolwe deur die kerk gestuur. Verskeie lidmate van die NGK is onkant betrap deur die sinode se aanvaarding van die beleidsdokument Kerk en Samelewing (KES), wat enige teologiese regverdiging van die apartheidsbeleid verwerp het en verklaar het dat die NGK niemand op grond van kulturele agtergrond en velkleur die deur kan wys nie. Die regering se toepassing van die beleid van apartheid was ook onder skoot, spesifiek waar die apartheidsbeleid tot menseregteskendings gelei het. Die ontstaan van die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) was 'n uitvloeisel van die NGK se sinode van 1986, maar daar was ook verdere verdelings binne die kerk vanweë die feit dat heelwat van die oorblywende NGK-lidmate steeds die beleid van apartheid gesteun het. Die artikel argumenteer dat die belangrikheid van die sinodale besluite nie met betrekking tot die ontstaan van die "nuwe Suid-Afrika" oor- of onderskat moet word nie.<hr/>ABSTRACT At the 1986 general synod of the Dutch Reformed Church (DRC), the church made significant decisions regarding South Africa's political position with regard to racial policy. Although the synod did not condemn the policy of apartheid in principle, some of the decisions taken caused shockwaves to reverberate amongst members of the church. Many members of the DRC were caught off guard as the synod accepted the document Church and Society, declaring that there is no Biblical justification for the policy of apartheid and that the church can no longer refuse entrance to its sermons to any person on the basis of either cultural background or skin colour. The synod also criticised the way that the policy of apartheid was being implemented in South Africa where it resulted in the violation of human rights. As a result, the Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) was established by a splinter group. Despite this development, the church was also still divided internally, as many of its remaining members supported the policy of apartheid. The article argues that the importance of the decisions made by the synod should neither be overestimated, nor undervalued with regards to the birth of the "new South Africa". <![CDATA[<b>How school history textbooks position a textual community through the topic of racism</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2011000200010&lng=es&nrm=iso&tlng=es ABSTRACT This article views chapters from history textbooks as a glimpse into a particular zeitgeist of the current South African educational milieu. The central question is how these sampled books position a textual community as mediated by the topic of race theories impacting the twentieth century in various regions. To contextualise the topic, we provide a brief overview of similar studies and present some voices in current debates about the meaning and relevance of conceptions of race and racism. We then analyse data, providing examples and illustrations. The five major emerging themes from the discourse analysis of the texts are that authors 1) write from a single perspective showing intolerance of ambiguity; 2) have an a-historical or anti-historical position towards text; 3) write from a reductionist position; 4) mimic critical thinking; and 5) position themselves as scaffolds that create opportunities for inquiry. These findings are discussed in some detail. We conclude that the books are predominantly positioned to advance citizenship education in a specific mould and that they tend to repeat the letter of the "curriculum law" of democratising and of healing the divisions of the past, but in the process defeat the spirit of such healing. We end by considering some implications for textbook writing.<hr/>OPSOMMING In hierdie artikel ontleed die skrywers geselekteerde hoofstukke in geskiedenishandboeke as opvoedkundige blik op die zeitgeist van hedendaagse Suid-Afrika. Die hoofvraag van die studie is hoe hierdie handboekhoofstukke die lesersgemeenskap posisioneer deur die instelling van die outeurs. Die skrywers fokus spesifiek op die tema van ras en rassisme in die hoofstukke, soos dit in die boeke uitgebeeld word in verskeie wêrelddele in die twintigste eeu. 'n Aantal soortgelyke studies word bespreek om hedendaagse idees en gesprekke oor die temas van ras en rassisme uit te lig. Hierop volg voorbeelde van die data, waaruit die vyf hooftemas dmv diskoersanalise van die handboekhoofstukke saamgestel is. Uit hierdie analise van die hoofstukke is die volgende temas uitgeken: 1) outeurs skryf grootliks vanuit 'n enkele perspektief op die geskiedenis en is onverdraagsaam met dubbelsinnighede; 2) hulle skryf vanuit 'n a-historiese en selfs antihistoriese instelling; 3) hulle gaan reduksionisties om met die inihoud; 4) kritiese denke word "nageboots"; en 5) sommige slaag daarin om geleenthede vir ondersoeking te skep in die teks. Hierdie vyf bevindings word in die artikel taamlik breedvoerig bespreek. Die gevolgtrekking van hierdie deel van die groter navorsingsprojek, en wat in hierdie artikel weergegee is, is dat die hoofstukke wat ontleed is gerig is op 'n spesifieke soort burgerskaponderwys; die teks hou baie nou by die "letter" van die kurrikulum, wat voorhou dat geskiedenisonderwys demokrasie moet bevorder en die wonde van die segregasie verlede moet heel, maar faal in die proses om die "gees" van die kurrikulum te handhaaf. Die artikel word afgesluit met die moontlike gevolge wat so 'n instelling/posiosionering inhou vir die skryf van teksboeke. <![CDATA[<b>Wanneer 'n Geskiedenisdepartement sy materiële erfenis verloor</b>]]> http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2011000200011&lng=es&nrm=iso&tlng=es ABSTRACT This article views chapters from history textbooks as a glimpse into a particular zeitgeist of the current South African educational milieu. The central question is how these sampled books position a textual community as mediated by the topic of race theories impacting the twentieth century in various regions. To contextualise the topic, we provide a brief overview of similar studies and present some voices in current debates about the meaning and relevance of conceptions of race and racism. We then analyse data, providing examples and illustrations. The five major emerging themes from the discourse analysis of the texts are that authors 1) write from a single perspective showing intolerance of ambiguity; 2) have an a-historical or anti-historical position towards text; 3) write from a reductionist position; 4) mimic critical thinking; and 5) position themselves as scaffolds that create opportunities for inquiry. These findings are discussed in some detail. We conclude that the books are predominantly positioned to advance citizenship education in a specific mould and that they tend to repeat the letter of the "curriculum law" of democratising and of healing the divisions of the past, but in the process defeat the spirit of such healing. We end by considering some implications for textbook writing.<hr/>OPSOMMING In hierdie artikel ontleed die skrywers geselekteerde hoofstukke in geskiedenishandboeke as opvoedkundige blik op die zeitgeist van hedendaagse Suid-Afrika. Die hoofvraag van die studie is hoe hierdie handboekhoofstukke die lesersgemeenskap posisioneer deur die instelling van die outeurs. Die skrywers fokus spesifiek op die tema van ras en rassisme in die hoofstukke, soos dit in die boeke uitgebeeld word in verskeie wêrelddele in die twintigste eeu. 'n Aantal soortgelyke studies word bespreek om hedendaagse idees en gesprekke oor die temas van ras en rassisme uit te lig. Hierop volg voorbeelde van die data, waaruit die vyf hooftemas dmv diskoersanalise van die handboekhoofstukke saamgestel is. Uit hierdie analise van die hoofstukke is die volgende temas uitgeken: 1) outeurs skryf grootliks vanuit 'n enkele perspektief op die geskiedenis en is onverdraagsaam met dubbelsinnighede; 2) hulle skryf vanuit 'n a-historiese en selfs antihistoriese instelling; 3) hulle gaan reduksionisties om met die inihoud; 4) kritiese denke word "nageboots"; en 5) sommige slaag daarin om geleenthede vir ondersoeking te skep in die teks. Hierdie vyf bevindings word in die artikel taamlik breedvoerig bespreek. Die gevolgtrekking van hierdie deel van die groter navorsingsprojek, en wat in hierdie artikel weergegee is, is dat die hoofstukke wat ontleed is gerig is op 'n spesifieke soort burgerskaponderwys; die teks hou baie nou by die "letter" van die kurrikulum, wat voorhou dat geskiedenisonderwys demokrasie moet bevorder en die wonde van die segregasie verlede moet heel, maar faal in die proses om die "gees" van die kurrikulum te handhaaf. Die artikel word afgesluit met die moontlike gevolge wat so 'n instelling/posiosionering inhou vir die skryf van teksboeke. http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0018-229X2011000200012&lng=es&nrm=iso&tlng=es